Atletiek

 

                                                                                   2012:

 

Voorlopige datums:

- Vry. 20 Januarie 2012: Huissport (Middag/Aand)

- Vry. 27 Januarie 2012: Weg te Kruinsig

- Di. 31 Januarie 2012:   Weg te Boksburgstadion

- Sa. 4 Februarie 2012: Weg te Fairland

- Di. 7 Februarie 2012: Presitge aflosbyeenkoms te Boksburgstadion

- Vry. 10 Februarie 2012:Tuis teen Florida en Dr. Verwoerd

- Di. 14 Februarie 2012: Interlaer te Hoërskool Alberton

- Sa. 18 Februarie 2012: Alberton Kampioenskappe te Hoërskool Alberton

- Do. 23 Februarie 2012: Distrik kampioenskappe te Germistonstadion (Herman Immelman)

- Vry. en Sa. 2/3 Maart 2012: Gauteng Kampioenskappe te L.C de Villiers (Tukkies)

- 22,23,24 Maart 2012: S.A Kampioenskappe (KZN)

Atletiek 2012:

Ons het weereens ‘n uitstekende atletiekseisoen sover. Die weeromstandighede het hierdie jaar darem saam gespeel en ons het aan al ons byeenkomste deel geneem.

Ons atlete het puik presteer gedurende die vriendskaplike byeenkomste waar ons die laaste 3 byeenkomste gewen het.

Ons het vir die 7de agtereenvolgende jaar die Interlaer kampioenskappe gewen wat Dinsdag 14 Februarie 2012 te Alberton Hoër plaasgevind het.

Die finale puntestand was as volg:

Randhart: 343

President Steyn: 233

Orion: 209

Genl. Alberts: 117

Ons is baie trots op al die atlete wat deelgeneem het, baie dankie vir julle harde werk gedurende die seisoen.

Ons het 59 atlete wat gekwalifiseer het om aan die Albertonkampioenskappe deel te neem. Sterkte aan al die atlete wat deelneem by die Alberton Kampioenskappe.

 

SUPER 12: ATLETIEK

Die Super 12 vind die jaar plaas op 20 Oktober 2012 te L.C de Villiers Stadion (Tukkies).

Atletiek: Interlaer wenners sedert 1994

Jaar 1ste plek Punte 2de plek Punte 3de plek Punte
1994 Willem Cruywagen 235 Randhart 192,5 President Steyn 129
1995 Willem Cruywagen 218 Randhart 210 President Steyn 129
1996 Randhart 210 Willem Cruywagen 164 President Steyn 146
1997 Randhart 215 Willem Cruywagen 180 President Steyn 172
1998 Willem Cruywagen 214,5 Randhart 214 President Steyn 169
1999 Randhart 248 Willem Cruywagen 234 President Steyn 206
2000 Willem Cruywagen 217 President Steyn 203 Randhart 192
2001 Willem Cruywagen 230 Randhart 219 President Steyn 187
2002 Interlaer reën uit          
2003 Randhart 276 President Steyn 224 Willem Cruywagen 209
2004 Randhart 294 Afrikaanse laerskool Brackenhurst 248 President Steyn 216
2005 Orion 318 Randhart 258 President Steyn 211
2006 Randhart 311 Orion 239 President Steyn 236
2007 Randhart 327 President Steyn 235 Orion 217
2008 Randhart 521 Orion 404 President Steyn 372
2009 Randhart 429 President Steyn 324 Orion 322
2010 Randhart 491 President Steyn 313 Orion 304
2011 Randhart 344 President Steyn 262 Orion 214
2012 Randhart 343 President Steyn 233 orion 209

Randhart wen die interlaerbyeenkoms die afgelope 19 jaar, 12 keer; eindig 5 keer 2de; eindig 1 keer 3de en 1 jaar het die byeenkoms total uitgereën en is afstende,hoogtes en tye geneem wat by voorafgaande vriendskaplike byeenkomste behaal is, en op die manier is atlete deurgestuur na die Albertonkampioenskappe.

 

SUPER 12: Atletiek

 


Copyright 2011 Randhart Laer. All Rights Reserved.
South African Web Design and Hosting by eConsultant.