AVP Toekening

 

GRAAD 1 - 3

Kategorie 4
Om vir AVP te kwaifiseer moes 'n leerder ten minste in een (1) sport- en een (1) kultuuraktiwiteit deelgeneem het.

AKADEMIE
Leerder se totale punt oor 3 kwartale word verwerk na 'n persentasie toe.  Die punt word dan verder gedeel deur 2 (100%÷2=50).  Die totale punt vir akademie kan dus hoogstens 50 wees.  Geen leerder word hier uitgesluit nie.

SPORT
'n Leerder ontvang 5 punte vir elke aktiwiteit waarin hy/sy deelgeneem het.  'n Leerder ontvang 'n verdere 5 bonuspunte vir provinsiale deelname.

KULTUUR
Om vir AVP in aanmerking te kom moes die leerder in minstens een kultuuraktiwiteit die skool verteenwoordig het.  Die leerder verdien 5 punte vir elke aktiwiteit waarin hy/sy deelgeneem het.  'n Leerder kan ook 'n verdere 5 bonuspunte verdien vir nasionale deelname.

Punte word dus as volg bereken:

Akademie (?)   +   Sport (?)   +   Kultuur (?)

50                50            =          100

NB:  By Graad 1 hoef 'n leerder slegs in 'n sportaktiwiteit of 'n kultuuraktiwiteit deelgeneem het - hy/sy hoef dus nie beide te hê nie.  Die 10 leerders in die graad met die hoogste totaal kom in aanmerking vir die AVP toekenning (goue sertifikaat)

GRAAD 4 - 7

Kategorie 4
Die volgende 3 aspekte word in aanmerking geneem, naamlik akademie, sport en kultuur.

Die akademie tel 100 en die jaarpunt (kwartaal 1-3) word gebruik.  Kultuur en sport tel saam 100 en slegs skoolsport asook skoolkultuuraktiwiteite word in aanmerking geneem.  Deelname in 'n aktiwiteit is 5 punte werd.  (Deelname beteken die skool moet verteenwoordig word).  Die volgende sportsoorte word in aanmerking geneem, naamlik atletiek, rugby, netbal, krieket, tennis, landloop, hokkie, perdry en gholf.

Die volgende kultuuraktiwiteite word in aanmerking geneem, waar deelname in 'n aktiwiteit 5 punte werd is, naamlik redenaars, skaak (liga), koor (Randhart Refrein), kunswedstryd, kunskompetisie (ekstern), Bybelvasvra, revue/operette/konsert/liedjiefees.

'n Verdere 5 punte in sport/kultuur vir 'n provinsiale en/of streek of soortgelyke prestasie.

Slegs 10 leerders van elke graad kom in aanmerking.  Die 10 leerders met die hoogste punte kwalifiseer.  Plek word op vergulde sertifikaat aangedui, byvoorbeeld 8ste, 5de ensovoorts

Copyright 2011 Randhart Laer. All Rights Reserved.
South African Web Design and Hosting by eConsultant.