Belangrike datums 2012
Silwerkollekte:
3 Februarie
4 Mei
3 Augustus
Paasprojek:
1 - 28 Maart
Winterprojek:
1 - 22 Julie
Kersprojek:
1 - 30 November
VERSLAG 2011
Gedurende die afgelope jaar is die volgende projekte aangepak:
Silwerkollekte
Die projek is gemik daarop om fondse te genereer waarmee na die behoeftes van mense in die gemeenskap omgesien kan word. Daar was drie geleenthede en ons het ongeveer R10 000 ingesamel. Hierdie fondse is aangewend om gesinne in nood, van kruideniersware en ander middele te voorsien.
Paasprojek
Met dié projek wil ons graag na ander uitreik, nie net om in hulle onmiddellike behoeftes te voorsien nie, maar ook om aan hulle die dinge te bring wat veral kinders in nood ontbeer. Die jaar is daar ongeveer 10 000 paaseiers ingesamel en dit is aan welsynorganisasies, minderbevoorregte kinders en dienssentrums uitgedeel.
Winterprojek
Met die insameling van kruideniersware het ons baie mense in ons omgewing gehelp. Komberse is ook aan verskeie groepe oorhandig.
Kersprojek
Weereens beoog ons om vir elke inwoner van ons plaaslike ouetehuis hierdie Kersfees 'n geskenkpakkie vol lekkernye te gaan aflewer. Leerders word aangemoedig om die uitstappie mee te maak om sodoende ook die waardering te kan ervaar.
Insameling begin 1 November, oorhandiging vanaf 22 November 2011.
In 2010 is 105 pakkies met eetgoed aan bejaardes by die ouetehuis geskenk.
ANDER PROJEKTE
Klerebank
Verskeie leerders het by hierdie projek baat gevind.
Groente
Met behulp van 'n vriendelike borg word groentepakkies aan die einde van elke kwartaal na behoeftige huisgesinne gestuur.
Dit is met die hulp van die leerders en ouers dat Laerskool Randhart hierdie suksesvolle projek kan volhou.
BAIE DANKIE!!!