KDA

Soos meeste nuwe Rantie Ouers/Voogde, wonder almal, wat is KDA? 

 

KDA staan vir "Kids Development Academy".  In kort, dit is soortgelyk aan die liggaamlike opvoeding wat vroeër jare by skole 'n vak was.  Ons skool het 'n kontrak met KDA vir 'n spesifieke tydperk, waarvoor 'n groot som geld elke jaar betaal word, dus is KDA 'n top prioriteit by ons skool.

 

KDA behels verskeie aktiwiteite:

 

  • Sportsoorte soos netbal, rugby, sokker, hokkie, tennis en krieket.
  • Tegnologie - die bou van verskeie dinge soos byvoorbeeld robotmanne, helikopters, vliegtuie ensovoorts.
  • Konsentrasie - leerders het verskillende aktiwiteite om te doen wat groot konsentrasie verg.
  • Daar is ook 'n groot gedeelte waar ons aan balans werk.  Ons doen dit deur middel van "gymnic" balle (groot balle) waarop leerders oefeninge doen.  
  • Lateraliteit, groot motoriese oefeninge, klein motoriese oefeninge word ook aan gewerk.
  • Ons leer selfs liedjies met bewegings!

KDA help leerders ontwikkel en leerders kry ook die geleentheid om te besluit of hy/sy in enige van die verskillende sportsoorte wat by Randhart beoefen word, belangstel.  Ons almal weet dat kinders weens verskeie redes nie meer baie speel nie.  KDA bied alle noodsaaklike oefening aan die leerder sodat hy/sy wel aktief bly.

 

Hier by Ranties het ons leerders 'n spesifieke kleredrag vir KDA.  Elke graad het op 'n sekere dag KDA en dan moet hulle die volgende kleredrag dra.

 

  • Vir die somer moet leerders hul KDA hempies (hierop staan Ranties) asook hul KDA kort broekies aantrek en hulle doen KDA kaalvoet.
  • In die winter, trek leerders hul skoolsweetpakke aan met hul KDA hempies en skoolskoene (leerders mag tekkies saambring, maar mag NIE met tekkies skooltoe kom nie!)

Bogenoemde klere is by uitgesoekte winkels (Select Centre, Randhart en Bracken Shoe Centre, Brackenhurst)  wat RANTIES kleredrag verskaf.

 

Copyright 2011 Randhart Laer. All Rights Reserved.
South African Web Design and Hosting by eConsultant.