Kommunikasie

18 Januarie 2012

 

Geagte Ouers/Voogde

 

NUUSBRIEF 1 VAN 2012

Welkom terug na die buitengewone lang vakansie.  Ek vertrou dat u en u kind heerlik uitgerus het.  ‘n Spesiale woord van welkom aan nuwe leerders vanaf ander skole en dan natuurlik ons Graad 1 leerders wat vir die eerste keer kennis maak met die “grootskool”.

 1.         SKOOLGELDE

Vergewis u asseblief van die bylaag rondom finansies wat aan die nuusbrief geheg is.  Die antwoordbrief moet asseblief so gou moontlik teruggestuur word.

 2.         HUISWERKBOEK

Elke leerder moet in besit wees van ‘n huiswerkboek.  Daar is baie belangrike inligting vervat in die boekie.  Die huiswerkboek kos R30.

 3.         BELANGRIKE DATUMS

Donderdag      19/01/12          Inligtingsaand vir Graad 4 leerders se ouers om 18:30

Vrydag             20/01/12          Huissport – Middag/Aand

Maandag         23/01/12          Inligtingsaand vir Graad 2 & 3 ouers om 18:30

Dinsdag           24/01/12          Inligtingsaand vir Graad 1 ouers om 18:30

Donderdag      26/01/12          Studiemetodekursus – Graad 4 en ander ouers

Vrydag             27/01/12          Fotodag vir Graad 1 leerders

                                                Atletiek – weg teen Kruinsig

Maandag         30/01/12          Oueraand vir Graad 5 – 7 leerders

Dinsdag           31/01/12          Redenaarsuitdunne in klasse begin : Graad 2 – 7

                                                Atletiek by Boksburgstadion

Donderdag      02/02/12          Skaak : Interne Kampioenskappe Graad 5 – 7

Saterdag         04/02/12          Atletiek teen Fairland (weg)

Dinsdag           07/02/12          Atletiek : Prestige Aflosbyeenkoms te Boksburg

Donderdag      09/02/12          Skaak : Interne Kampioenskappe Graad 2 – 4

Vrydag             10/02/12          Toetse begin

                                                Atletiek : Tuisbyeenkoms

Maandag         13/02/12          Redenaars : Graad 6 en 7 Intern 18:00

Dinsdag           14/02/12          Atletiek – Interlaer te President Steyn

Woensdag      15/02/12          Redenaars – Graad 4 en 5 Intern

Donderdag      16/02/12          Redenaars – Graad 2 en 3 Intern

Saterdag         18/02/12          Atletiek : Albertonkampioenskappe

Maandag         20/02/12          Bybelvasvra begin

Woensdag      22/02/12          Skool se verjaarsdag (amptelik 38 jaar oud)

Donderdag      23/02/12          Atletiek : Distrikkampioenskappe

Maandag         27/02/12          Rugby en Netbal Intergraad begin

Donderdag      01/03/12          Paasprojek begin

Vrydag             02/03/012        Atletiek : Gautengkampioenskappe

Saterdag         03/03/12          Atletiek : Gautengkampioenskappe

Woensdag      07/03/12          Rugby en netbal teen Dr Verwoerd (tuis)

Vrydag             09/03/12          Netbal 0/9A – 0/12A Konga Kampe

                                                Redenaars : Super 12 te Menlopark

Saterdag         10/03/12          Redenaars : Super 12

Dinsdag           13/03/12          Rugby en netbal teen Elarduspark (weg)

Vrydag             16/03/12          Kaskardag

Saterdag         17/03/12          Rugby : Evalueringsdag 0/10A – 0/13A

Dinsdag           20/03/12          Rugby teen Van Riebeeckpark (weg)

Woensdag      21/03/12          Menseregtedag

Donderdag      22/03/12          Atletiek : SA Kampioenskappe begin

Vrydag             23/03/12          Rugby 0/9A en 0/10A na Jubaweni

Woensdag      28/03/12          Rugby en netbal teen Kollegepark (tuis)

Donderdag      29/03/12          Foto’s – Individueel

Vrydag             30/03/12          Skool sluit om 11:00 vir Aprilvakansie

Sondag            01/04/12          Rugby 0/11A en 1ste spanne na Greykollege

 4.         NUWE PERSONEEL

Ons verwelkom 2 nuwe personeellede, mejuffrou M Koch en meneer W Combrink. Albei het verlede jaar afstudeer en begin dus hul onderwysloopbaan by Randhart.  Beide opvoeders beskik oor baie goeie hoedanighede en sal in die seniorfase aangewend word.

 5.         ATLETIEK

Ons huissportbyeenkoms vind eerskomende Vrydag plaas.  Indien dit sou uitreën

hetsy ten volle of gedeeltelik sal die byeenkoms voortgesit word op Dinsdag,

24 Januarie 2012 direk na skool.

 6.         INLIGTINGSAANDE

Vergewis u asseblief op die amptelike datumslys wanneer hierdie aande plaasvind.

 7.         ALGEMEEN

‘n Opwindende jaar word u toegewens.

 

Copyright 2011 Randhart Laer. All Rights Reserved.
South African Web Design and Hosting by eConsultant.