KORE
Randhart is bevoorreg om twee uitstekende kore te hê onder begeleiding van mevv. Jacobs en Van der Vyver, twee baie ywerige en bekwame musiekkenners.
Ø Randrefrein Gr.4 tot 7
Ø Kiewiete Gr. 1 tot 3
Hoogtepunte van 2011:
§ Beide kore neem deel aan jaarlikse Super 12-koorkompetisie en beide ontvang ‘n Cum Laude (90+%)
§ Gedurende die Alberton Kunswedstryd behaal Kiewietkoor 94%
§ Randrefrein behaal 98% en word aangewys as Item- en Afdelingwenners en tree dan ook gedurende die Gala-aand van die Albertonse Kunswedstrydvereniging op in die Burgersentrum
Ander hoogtepunte was:
§ Jeugdag Koorfees by Brackenhurst Primary
§ Kultuuraand op 28 September 2011
§ Koorkamp
§ Afsluiting by Betel Lofprysingskerk
Vir 2012 is ons reg, harde oefening het sommer al in die tweede week van die nuwe skooljaar begin.
Randrefrein se getal koorlede het gegroei na oor die 90, ongelukkig mag die kore nie groter wees as 80 lede nie, daarom is gereelde bywoning van oefeninge baie belangrik.
Super 12 Koorfees vind plaas vroeg in Mei.
Hou hierdie spasie dop!