Perdry

Bogenoemde is 'n erkende nuwe sportsoort wat privaat hanteer word.

 

2012

 Volgende interskole is op 5 Mei 2012 by Alzu Weltemeyer in Alberton.

2011

2de RUITERS - INTERSKOLE

Op Sondag, 6 Maart 2011 het die tweede kwalifiseringsrondte vir die interskole ruiters by Equestrian International plaasgevind.

Die volgende leerders van ons skool neem deel:

  • Ashley van der Westhuizen (Graad 6)
  • Danté Joubert (Graad 5)
  • Marco Mulder (Graad 5)
  • Marli Mulder (Graad 5)
  • Carami van der Vyver (Graad 3)

Ashley van der Westhuizen behaal 'n 4de, 5de en 6de plek

Danté Joubert 'n 2de, 4de, 4de en 6de plek

Carami van der Vyver 'n 2de, 4de, 5de en 6de plek

Die 3de kwalifiseringsrondte vind op Saterdag, 14 Mei 2011 plaas by Weltmeyerstalle te Meyerplaas, Alberton.

Op Saterdag, 5 Februarie 2011 het die eerste kwalifiseringskou by Equestrian International plaas plaasgevind in Benoni. Drie van ons leerders neem deel aan die skou. Carami van der Vyver (Gr.3) met CB, Dante Joubert (Gr.5) met October Breeze en Ashley v.d Westhuizen (Gr. 6) met Zeus.

Carami behaal 'n 2de,2de, 3de en 5de plek en 'n totaal van 390 punte. Dante Joubert behaal 2 4de plekke en 2 5de plekke en 'n totaal van 386 punte. Ashley behaal 'n 3de,8ste en 9de plek met 'n totaal van 283 punte.

Baie geluk en sterkte vir die seisoen.

Uit die aard van die sport is 'n perd noodsaaklik en kyk ons ook dan hoe ons ruiters kan help met perdryskole/instansies wat hul ponies kan uithuur.

Ruiters kan vir 4 klasse maksimum ingeskryf word, afhangend van ondervinding uit lesse/skoue of vorige kompetisies.  Die deelname aan drie van die vier liga's is verpligtend om te kan kwalifiseer vir erkenning aan die einde van die jaar.  Ruiters hoef nie noodwendig 1ste of 2de plekke te behaal om ons skool se puntetelling hoog te hou nie - net deelname alleen tel punte vir ons span.

Omdat dit 'n nuwe sport by ons skool is, is daar nog nie gevestigde fondse/borge nie en daarom wil ons vir u moontlike uitgawes uiteensit.  Meeste uitgawes soos kleredrag is eenmalig tot dit die ruiter nie meer pas nie.

 

Interskole - 3de kwalifisering 14 Mei

Graad 6:

Dante Joubert - Dressage 1 - 3de plek

                       Dressage 2 - 4de plek

                       Performance riding - 3de plek

                       Working riding       - 4de plek

 

Ashley v.d Westhuizen - Working riding - 4de plek

                                - Equitation - 5de plek

 

Graad 5:

Marco Mulder - Dressage 1

Marli Mulder - Dressage 1

 

Graad 3:

Carami v.d Vyver - Dressage 1- 2de plek

                        - Dressage 2 - 5de plek

                        - Performance riding - 2de plek

                        - Working riding - 3de plek

 

Provinsiaal:

2 van ons ruiters, Dante Joubert en Carami van der Vyver is gekies onder die 8 beste ruiters in ekurhuleni op Level 0. Die ruiters ontvang ongelukkig eers provinsiale klere van level 1 af.

 

1 van ons ruiters, Ashley v/d Westhuizen is gekies onder die 8 beste ruiters iin ekurhuleni op level 1 en ontvang haar provinsiale klere. Sy is opgeneem in die Gautengspan.

 

Baie geluk!

 

Standaard (nie opsioneel nie) Drag

(Eenmalige uitgawe)

Blou skoolhemp en skooldas

Wit perdry broek (Jodpurs) vanaf R300-00

Blou Randhartbaadjie met wapen R600-00

Swart valhelm vanaf R500-00

Swart stewels vanaf R240-00 / skoolskoene

Wit "saalkleedjie of Numnah" met Randhart skoolwapen vanaf R250-00

Eie vervoer van perd na ligas's (horsebox) R180-00 per liga x 4

Inskrywingsgelde R70-00 per item, per liga x 4

Ons besef daar is uitgawes betrokke maar ons wil graag leerders wat wel die sport beoefen / wil beoefen die geleentheid bied om dit in hul skoolkleure te doen en sodoende dan erkenning te verwerf.

A.  Vir ons beginners : Lead-Rain Challenge

Performance Riding

Working Riding

Dressage

B.   Vir ruiters wat al 1-3 jaar ry : Pre-Novice

Dressage

Performance Riding

Working Riding

Equitation

Showjumping (hoogte 50cm)

C.   Vir ruiters met skou / kompetisie ondervinding : Novice

Al die klasse soos by B

Showjumping (hoogte 60cm)

D.   Vir ruiters wat sukses het in Novice klas : Intermediate

Al die klasse soos by B

Showjumping (hoogte 70cm)

E.   Gevorderde / sterk ruiters : Advanced

Al die klasse soos by B

Showjumping (hoogte 80cm)

Daar is geen beperking op die hoeveelheid ruiters per klas nie, maar hou in gedagte dat meer as 2 / 3 ruiters in 'n klas teen mekaar meeding al is hulle in dieselfde skool.

Copyright 2011 Randhart Laer. All Rights Reserved.
South African Web Design and Hosting by eConsultant.