Hoof: Mevrou Natasha Piek
Telefoonnommer: 011 908-4941
Faksnommer: 011 908-9189
Randhart Rakkertjies is 'n privaat pre-primêreskool op die terrein van Laerskool Randhart en word bestuur deur 'n eie bestuurskomitee.
'n Christelike karakter word nagestreef. Personeel is opgeleide kleuterskoolonderwyseresse en volg 'n gestandaardiseerde opvoedkundige program tesame met die voorgeskrewe kurrikulum. Kleuters word toegelaat vanaf die jaar waarin hul vyf word.
Vir verdere inligting kontak ons asseblief by bogenoemde nommers tussen 08:00 en 13:00 in die oggend.