By Laerskool Randhart beskik ons oor twee rugbyvelde met ruim pawiljoene. Rugby word vanaf 0/8 beoefen. Daar is tans tien spanne wat geaffilieër is en aan ligawedstryde deelneem. Die 0/7 seuns word in die 2de en 3de kwartaal betrek by mini-wedstryde en vaardigheidsoefeninge.
2012:
Voorlopige datums:
- 27 en 28 Februarie: Intergraad
- Wo. 7 Maart: Tuis teen Dr. Verwoerd
- Di. 13 Maart: Weg teen Elarduspark
- Sa. 17 Maart: Evaluerings te Hoërskool Die Burger (0/10A - 1ste span)
- Di. 20 Maart: Weg teen van Riebeeckpark
- 23,24,25 Maart: 0/9A en 0/10A toer na Jubaweni.
- 28 Maart: Tuis teen Kollegepark
- 1-5 April: 0/11A en 1ste span toer na Grey Kollege
- Wo. 11 April: Weg teen Kenmare
- Sa. 14 April: Super 12 Groepwedstryde te Constantiapark
- Do. 19 April: Super 12 Finale te Tukkies
- 3,4 en 5 Mei: 1ste span te Trinityhouse
- Sa. 19 Mei: Super 12 B-spanne te Vastrap(Rustenburg)
Die rugbyseisoen skop af met die jaarlikse intergraad, waartydens ons al die seuns in die skool die geleentheid gee om homself te bewys om in een van die skoolspanne opgeneem te kan word.
Ons het vanjaar ‘n gesonde groep seuns in elke ouderdomsgroep en daar is meer as genoeg diepte by al ons spanne. Ons beskik vanjaar oor ‘n 0/8 A,0/8 B, 0/9 A+B, 0/10 A+B, 0/11 A+B en ‘n 5de, 4de, 3de, 2de en eerste span.
Uitslae teen Orion:9 Mei 2012
0/8A: wen 24 - 5 0/10B: wen 26 - 10
0/9A: wen 14 - 10 0/11B: wen 10 - 7
0/9B: wen 10 - 0 2des: wen 27 - 5
0/10A: wen 38 - 0
Wen 7 uit die 10 wedstryde, ongelukkig het die 1ste, 0/11A en - 3de spanne verloor.
Super 12:
Ons het tydens vanjaar se Super 12 uitstekend presteer, waar ons rugby gesamentlik 4de geeindig het en algeheel het ons 6de geeindig. Ons spanne het as volg presteer:
0/9 span - 2de plek
0/10 span - 5de plek
0/11 span - 11de plek
1ste span - 3de plek
Baie geluk aan al ons spanne
DIe volledige uitslae kan u op die Super 12 'link' hierbo kry!