Skoolfonds 2012
Die Beheerliggaam het ‘n besluit geneem dat ‘n korting toegestaan word indien die skoolgeld voor ‘n bepaalde datum volledig betaal is. Die onderstaande tabel gee ‘n uiteensetting van die gelde betaalbaar in 2012. Die debietorderstelsel bied groot voordele. Indien u die verskuldigde skoolgelde in maandelikse paaiemente betaal, moet dit betaal word in 10 gelyke maandelikse paaiemente, betaalbaar vanaf 31 Januarie 2012 en maandeliks daarna voor of op die 7de dag van elke daaropvolgende maand.
| Per maand Kontant of tjeks | Volledig betaal teen 15/03/12 | Per debietorder of Internet betaling per maand | |
| Eerste kind | R770 | R6 250 | R660 |
| Tweede kind | R770 | R6 250 | R660 |
| Derde kind | R770 | R6 250 | R660 |
| Vier en meer | Gratis | ||