Totaliteitsopvoeding waar elke individu se potensiaal optimaal ontwikkel word.
Die skool waar ‘ONS GLO’ dat elke leerder waardevol en kosbaar is. Gesonde verhoudings en openhartige kommunikasie vind aanklank by al ons rolspelers en vennote. Hier word elke leerder se suksesse gevier en uitdagings oorwin.
Elke leerder groei en ontwikkel binne ’n waardesisteem van
uitnemendheid,
regverdigheid,
integriteit
en respek.
‘ONS GLO’ dat ’n veilige en geborge omgewing, waar akademiese uitnemendheid hoogty vier, ons leerders die waagmoed bied om elke dag en die toekoms met dapperheid en selfversekerde oorgawe aan te pak.
Rantie-leerders sal altyd...
aanhou probeer!
Glo hulle kan!
Elke dag sien as 24 uur vol eindelose geleenthede!
’n Rantie loop elke nuwe dag trompop en uitbundig tegemoet met die woorde:
‘VAT SO!’
Beste Laerskool in Alberton! Puik onderwysers en afrigters. Die skool floreer op alle gebiede. Geen twyfel dat u kind in die beste hande is nie. Ons as gesin is generasies al deur die skool en my kinders sal beslis ook hier skoolgaan.
Wat ‘n fantastiese ALLES-IN-EEN skool. Die onderwysers is tops en bied kinders die beste op alle gebiede! Word definitief aanbeveel.
Laerskool Randhart is bekend vir sy akademiese uitnemendheid, positiewe skoolkultuur en die wyse waarop dit ’n veilige, ondersteunende omgewing vir alle leerders skep. Die skool bied ’n gebalanseerde program wat beide akademiese prestasie, sport en kultuur ontwikkeling aanmoedig.